Steve Smith neem Warner se plek in

Krieket: Steve Smith sal die heel eerste keer die rol van aanvangskolwer vir Australië vervul in die eerste toets teen die Windies, wat volgende Woensdag in Adelaide begin. Hy vervang David Warner, wat onlangs uitgetree het. Die 34-jarige Smith het nog nooit ‘n beurt geopen nie in sy loopbaan van 167 eersteklas-wedstryde, insluitend 105 toetse. Keurder George Bailey sê niemand anders wou die verantwoordelikheid aanvaar nie en dit is verfrissend dat Smith aangebied het om dit te doen. Die speler het in sy toetsloopbaan as middelorde-kolwer meer as 9 500 lopies aangeteken.