Sterk wind jaag Kluitjieskraal-brand aan

ʼn Verandering in windrigting belemmer pogings om die Kluitjieskraal-brand naby Wolseley in die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap te beheer. Die brand in die Suurvlakte-gebied het in twee rigtings verdeel: een aan Wolseley se kant van die Obiekwa-berge en nog een aan Wellington se kant. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê die brand aan Wolseley se kant in die Verrekyker-gebied net bokant Kluitjieskraal het vinnig in die rigting van landbougrond beweeg.