Sterftesyfer in Oos-Londense taverne na 17 aangepas

Die Suid-Afrikaanse polisie sê 17 mense, en nie 22 nie, is dood gevind in ‘n taverne in Oos-Londen in die Oos-Kaap. Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Tembinkosi Kinana, is forensiese kenners besig om die misdaadtoneel te fynkam. Die 17 mense is oral dood in die taverne aangetref met lyke wat op die vloer, op stoele en langs tafels gevind is, maar daar is geen sigbare tekens van beserings nie. Gissings dui op óf vergiftiging óf ‘n stormloop ná ‘n insident. Mense drom buite die taverne saam en dring daarop aan om die liggame van hul geliefdes te sien.