Sterftesyfer in Gaza nou meer as 30 000

Die Hamas-beheerde Gesondheidsministerie sê die sterftesyfer in Gaza het tot meer as 30 000 gestyg, waarvan 70-persent vroue en kinders is. Die oorlog tussen Israel en Hamas het byna vyf maande gelede uitgebreek toe die groep 1 200 Israelse burgerlikes vermoor en meer as 200 mense gyselaar geneem het. Die ministerie sê minstens 79 mense is oornag in die Gaza-strook dood. Intussen gaan onderhandelings vir ʼn tydelike skietstilstand voort.