‘Stereophonic’ en ‘Merrily We Roll Along’ wen groot by Tony-toekennings

Die Tony-toekennings vir uitnemendheid in Broadway-teater het gister in New York se Lincoln-sentrum plaasgevind. Shaina Taub het vir die beste partituur en beste boek in ‘n musiekblyspel gewen met Suffs, die storie van die beweging vir vrouestemreg. Die beste herlewing van ‘n musiekblyspel het gegaan aan Merrily We Roll Along, met Daniel Radcliffe en Jonathan Groff wat albei toekennings vir hulle toneelspel ontvang het. David Adjmi se toneelstuk Stereophonic, oor ‘n 70’s-era rockgroep wat ‘n album uitbring het die Tony gekry vir beste verhoogstuk en beste regisseur vir Daniel Aukin.