Ster in rolstoel gaan SA in Slowenië verteenwoordig

Liggaamsbou: ‘n Rolstoel-gebonde liggaamsbouer van Kariega in die Oos-Kaap is gekies om Suid-Afrika volgende maand op die Sloweense Liggaamsbou-Wêreldbekerbyeenkoms te verteenwoordig. Max Kulati sê hy is opgewonde, hoewel befondsing vir sy reis ‘n uitdaging is. Rochelle van der Bank van die Internasionale Liggaamsbou- en Fiksheids-federasie sê die organisasie ontvang nie geld van die regering nie, omdat dit nie aan die vereistes voldoen nie. Sy sê hulle is afhanklik van skenkers om die sport te bevorder.