Stemtellery duur voort in Botswana
Mense in Botswana wag vir uitslae van Woensdag se verkiesing wat die Botswana Demokratiese Party se 58-jarige bewind kan verleng. Duma Boko, leier van die hoofopposisie Umbrella for Democratic Change kommer uitgespreek oor die regverdigheid van die proses. Die tel van stembriewe het begin na stembusse vyf-uur namiddag gesluit het met sommige stemlokale wat oopgebly het om kiesers toe te laat om klaar te maak. Die regerende party het in die laaste verkiesing in 2019, 38 van 57 betwiste setels gewen met 31 die minimum wat nodig is. President Mokgweetsi Masisi, ‘n 63-jarige voormalige hoërskoolonderwyser, soek ‘n tweede en laaste termyn.