Stembriewe voltooi, 4 Nampol-lede sal hulle vergesel

Alles is gereed met die stembriewe wat by Ren-Form in Johannesburg gedruk is. Volgens Imms Nashinge, sal vier lede van die Namibiese polisie die stembriewe vergesel na die lughawe waar dit na Windhoek vervoer sal word. Verteenwoordigers van 18 van die 21 politieke partye wat in November aan di verkiesings deelneem het verlede week die drukproses van die stembriewe waargeneem. Imms Nashinge van die IPC het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.