Stel weer Trump-saak oor geklassifiseerde dokumente in, vra aanklaer
‘n Spesiale aanklaer van die Amerikaanse Federale Ondersoekeenheid, Jack Smith, het die federale appèlhof in Atlanta versoek om die strafsaak teen oudpresident Donald Trump oor sy terughouding van geklassifiseerde dokumente, weer in te stel. ‘n Regter van die distrikshof het die aanklag teen Trump, sy assisent Walt Nauta en die eiendomsbestuurder van Mar-a-Lago, Carlos de Oliveira teruggetrek na hy bevind het dat Smith se aanstelling as spesiale advokaat, ongrondwetlik is. Aanklaers voer aan regter Aileen Cannon het fouteer, want sy het minstens vier van die regulasies verkeerd geïnterpreteer.