Stel weer Afrikaanse Regspraktykraad-eksamen in, sê AfriForum

AfriForum eis dat die Regspraktykraad weer ‘n Afrikaanse toelatingseksamen vir prokureurs instel. Dit volg op die raad se onlangse besluit om die eksamen eksklusief in Engels af te neem, wat kommer veroorsaak onder Afrikaanssprekende regslui. Alana Bailey van AfriForum bevraagteken die raad se redenasie, en sê die stap ontneem mense hulle taalregte en kom neer op ‘n aanval op die Afrikaanse taal. Volgens Bailey is AfriForum bereid om verdere optrede in te stel as die raad nie positief reageer nie.