Steinhoff-beleggers kry vergoedings-betalings  

Beleggers wat deur die rekeningkundige onreëlmatighede by Steinhoff geraak is, het vergoedings-betalings begin ontvang. Meer as 43 00 eise is by die Steinhoff Recovery-stigting ingedien, wat 25 miljard Suid-Afrikaanse rand aan eisers uitbetaal. Kleinhandel-beleggers kan uitbetalings van tussen twee en agt rand per aandeel verwag, as deel van Steinhoff se wêreldwye skikkingsvoorstel. Die beleggingshoof van Benguela Global Fund, Zwelakhe Mguni, het gesê hierdie uitbetalings kan nie vergoed vir die verliese wat beleggers weens die onreëlmatighede gely het nie.