Steenhuisen wil sterk opposisie vestig

Ses opposisieleiers van die DA, die IVP, die Vryheidsfront Plus, ActionSA, die National Freedom Party, die United Independent Movement en die Spectrum National Party gaan volgende maand ‘n geskiedkundige nasionale konferensie in Ekurhuleni aanbied. Dit is ter voorbereiding vir die 2024-verkiesing. DA-leier John Steenhuisen sê as leier van die amptelike opposisie is hy diep verbind daartoe om hierdie proses te laat slaag.