Steenhuisen sê hy’t bewyse ANC gebruik belastingbetaler se geld vir stemme
Die DA sê hy het nuwe en verdoemende bewyse wat bevestig die ANC is van voorneme om belastingbetalersgeld te gebruik om stemme te werf. Die party het verlede week ‘n klag teen die regerende party by die Openbare Beskermer ingedien vir die beweerde misbruik van openbare hulpbronne. Die DA-leier, John Steenhuisen sê in ‘n uitgelekte opname van ‘n vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee vroeër die maand, het die party se bestuur na bewering senior openbare ampsdraers opdrag gegee om belastingbetalersgeld te gebruik om vir die verkiesingsveldtog te betaal: