Steenhuisen sê DA moet homself posisioneer vir volgende verkiesing

Die herverkose DA-leier, John Steenhuisen, sê die realistiese vooruitsig dat die ANC in volgende jaar se nasionale verkiesing minder as 50 persent van die stemme sal inpalm, bied Suid-Afrika ‘n geleentheid vir radikale hervorming. Hy het die voormalige Johannesburgse burgemeester, Mpho Phalatse, tydens die party se verkiesingskongres in Midrand verslaan. Helen Zille is onbestrede as die party se federale raadsvoorsitter verkies, met Ivan Meyer as federale voorsitter, terwyl Dion George ook onbestrede as federale finansiële voorsitter herkies is. Steenhuisen sê die DA moet homself herposisioneer om ’n sterk teenwoordigheid in die verkiesing te handhaaf:

Intussen sê Steenhuisen daar is veral een risiko wat die toekoms van Suid-Afrikaners bedreig, en dit is die toenemend realistiese vooruitsig van ’n alliansie tussen die ANC en die EFF. Hy sê hy verklaar in die openbaar die EFF onder leiding van Julius Malema as die DA se nommer-een politieke vyand: