Steenhuisen maak sy planne vir landbou bekend

Die buurland se landbouminister, John Steenhuisen, sê sy eerste mandaat in die amp is om landbouvennootskappe te organiseer om die sektor te verbeter. Dit sluit in die ondersteuning van klein swart opkomende boere en groot kommersiële instellings. Steenhuisen het ook ander belangrike fokuspunte uitgelig, insluitend verbeterde infrastruktuur, landelike veiligheid, voedselsekerheid, ekonomiese groei, werkskepping en die grondwetlike oplossing van grondkwessies. Hy het die belangrikheid van samewerking in die bevordering van die landbousektor beklemtoon: