Steenhuisen laat nie DA groei nie – Mpho Phalatse sal staan vir sy pos

Die gewese burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die DA-leier John Steenhuisen kon nie die party genoeg laat groei nie. Sy en die party-aktivis, Lungile Phenyane, kom vir die top-pos teen Steenhuisen te staan wanneer die party se federale kongres volgende maand in die Goudstad plaasvind. Meer as twee-duisend afgevaardigdes sal na verwagting die geleentheid bywoon. Phalatse het aan die SABC gesê dis noodsaaklik dat die party ‘n sterk mandaat van die kiesers kry sodat dit in staat gestel word om sy beleide te toets en stabiliteit in die regering te verseker: