Steenhuisen: Hoër kragtariewe is skending van menseregte

Die DA het die kragtariefverhoging wat die Nasionale Energiereguleerder, Nersa, goedgekeur het, ten sterkste veroordeel en verklaar dit is ‘n skending van menseregte. Die DA-leier, John Steenhuisen, het hul bekommernisse uitgelig voor hulle die hooggeregshof gaan nader om aansoek te doen vir ‘n interdik, hangende ‘n mate van verligting. Steenhuisen sê Nersa se besluit, die regering se reaksie op die kragkrisis en die besluit om beurtkrag in te stel moet ongrondwetlik en ongeldig verklaar word.