Steenhuisen: Groot dele van Oekraïnse landbougrond gaan nie aangeplant word
Groot dele van die landbougrond in Oekraïne sal nie hierdie seisoen aangeplant word nie. Dit is volgens die DA-leier, John Steenhuisen, wat die land besoek het om te bepaal wat die oorlog se uitwerking op Suid-Afrika sal wees. Hy het die media ingelig baie Oekraïners is in die weermag opgeneem en is tans nie beskikbaar om in sekere sektore van die ekonomie te werk nie, insluitend die landbou. Steenhuisen sê indien die gevegte sou stop, sal die landbousektor steeds jare neem om te herstel.