Steeds onderbrekings in kosvoorsiening by Charlotte Maxeke-hospitaal
Die DA in Gauteng sê pasiënte by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg ly onder onderbrekings in kosvoorsiening, insluitend brood en suiwelprodukte. Jack Bloom van die DA sê volgens die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, voorsien die departement se Masakhane Kook Vries-fabriek maaltye, maar die hospitaal word dikwels meegedeel voedselvoorsiening sal op baie kort kennisgewing onderbreek word.