Steeds groot verskil tussen ryk en arm

Sosio-ekonomiese toestande Namibië en kwessies van hulpbronverspreiding en ongelykheid is deur die Land Self-Assessering Verslag in die Afrika Eweknie-Beoordelingsmeganisme, of APRM, geïdentifiseer as potensiële bronne van konflik in Namibië. Dit sluit onder meer in frustrasies rondom grondhervorming, ‘n hoë vlak van jeugwerkloosheid; ‘n toename in persepsies oor etnisiteit, stamverwantskap en regionalisme in dienslewering en toegang tot hulpbronne; en hoë ongelykheid in dienslewering tussen ryk en arm gemeenskappe. Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Natalia Goagoses, het in die Nasionale Vergadering ‘n bevinding in die verslag dat daar steeds ‘n groot verskil tussen ryk en arm is, uitgelig.