Statistiese standaarde bekend, en is uiters belangrik

Daar is ‘n groeiende behoefte aan kwaliteit en tydige statistieke om die publiek te ondersteun en beleidsmaking in te lig. Dit is die mening van die statistikus-generaal Alex Shimuafeni. Statistieke word as uiters belangrik geag vir die regering om genoegsame inligting te hê om die regte beleid daar te stel. Daarom het Shimuafeni vanoggend vier nuwe statistieke standaarde vir Namibië bekend gestel. Data- en statistiekverspreiding bepaal presies hoe die syfers bekend gemaak moet word terwyl die aanbieding daarvan, deur alle verbruikers van nasionale statistiek ook nou gestandardiseer is. ‘n Nuwe metadata standaard skryf ook voor hoe metadata vrygestel moet word en die aanwysers standaard bepaal die kwaliteit van die ontleding onder bepaalde metodes. Daar was onlangs chaos na die statistieke-agentskap gefouteer het met tamatie invoer- en uitvoersyfers.