Statebondspele: Nog steun vir Glasgow se bod vir 2026

Statebondspele: Australië se aanbod van multimiljoen-dollar se steun vir Glasgow se bod om die Spele in 2026 aan te bied, word verwelkom deur die president van die federasie, Chris Jenkins. Die staat, Victoria, het verlede jaar onttrek weens onsekerheid oor die kostes. Die geleentheid met sy verskeie sportsoorte sukkel om ʼn gasheer te kry. Maleisië wou nie byt om dit aan te bied nie en Alberta in Kanada wil nie meer in 2030 verantwoordelik wees nie. Die beheerliggaam Statebondspele Skotland sê die Glasgow-geleentheid sal kleiner wees om die begroting te verminder.