Starship lanseer mooi, en is nou verloor
SpaceX het sy Starship verloor, waarskynlik nadat dit aarde-toe geval het en in die Indiese Oseaan beland het. Dit het ‘n einde gebring aan ‘n andersins suksesvolle lansering, nadat twee vroeëre toetse na ‘n paar minute ontplof het. In ‘n derde poging gister het Starship suksesvol geskei van sy aanvuurder, die ruimte bereik en halfpad om die aarde gevlieg. Starship, die grootste en kragtigste vuurpyl wat ooit gebou is, is lanseer vanaf Texas, naby die grens met Meksiko. Daar was nie mense of satelliete aan boord nie.