Starmer veroordeel gewelddadige protes by Southport
Die Britse eerste minister Keir Starmer het die gewelddadige betoging in Southport waartydens 39 polisiebeamptes beseer is, veroordeel. Die betoging volg na Maandag se mesaanval waarin drie kinders, wat ʼn dansklas met ʼn Taylor Swift-tema bygewoon het, dood is. Agt kinders het steekwonde opgedoen en vyf is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal. Twee volwassenes is ook ernstig beseer. ʼn Sewentienjarige jeugdige is in hegtenis geneem. Starmer sê die betogers het die waak vir die slagoffers met geweld en boewery gekaap: