Starmer sê Arbeiders sal lewenstandaarde verbeter
Britte stem op 4 Julie en daar word verwag dat die Arbeidersparty die Tories uit die kussings sal lig. Alle peilings toon dat Rishi Sunak en sy party nie ‘n kans staan om die verkiesing te wen nie en die Arbeiders sal in alle waarskynlikheid oor die meerderheid in die twee huise oorneem. Die partyleier, sir Keir Starmer sê dit gaan oor lewenstandaarde verbeter.