Starmer in geskenkie-skandaal

Die Britse eerste minister Keir Starmer word daarvan beskuldig dat hy parlementêre reëls oortree het. Hy het na bewering versuim om te verklaar dat die invloedryke sakeman en Arbeidersparty-skenker Waheed Alli duur klere vir sy vrou Victoria gekoop het, ‘n persoonlike koper verskaf het en vir verstellings betaal het. Britse media berig Starmer se geregistreerde finansiële belange toon verskeie skenkings van Alli, insluitend talle brille, werksklere en verblyf. Maar die skenkings aan sy vrou is nie gelys nie. Die Konserwatiewe Party vra ‘n volledige ondersoek.