Starmer belê noodvergadering oor onluste
Die Britse leier, Keir Starmer, hou vandag ‘n noodvergadering nadat nog onluste oor die naweek in Engeland uitgebreek het. Hy is die voorsitter by ‘n vergadering oor hoe om die geweld te onderdruk wat eerste in Southport, noordwes-Engeland, uitgebreek het. Die dorp was die toneel van die tragedie verlede Maandag toe drie jong meisies dood en nog vyf ernstig beseer is in ‘n mesaanval. Onluste het regoor die land uitgebreek met anti-immigrasie-betogers wat met polisie slaags geraak het of in sommige gevalle met Moslem-teenbetogers.