Stap saam vir die wat ‘anders’ is

Integrate Learning Solutions gaan ‘n Walk 4 Inclusion-staptog en ‘n markdag op 17 Junie by die St. George’s-sportveld aanbied. Die doel van hierdie geleentheid is om hande te vat en elke enkele persoon in te sluit wat as ‘anders’ in die gemeenskap en as mens beskou word, wat ook al die rede is daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Carmen de Villiers van Integrate Learning Solutions gesels oor die belangrikheid van die bewusmakingsveldtog.