Stand van damme lyk bedroef

Die land se damme vertoon weekliks meer bedroef en bronne vir die sentrale gebied is tans op 34,6 persent met Von Bach wat net 22,8 persent vol is en Swakoppoort wat 67,2 persent water in het. Daar is net minder as 730 000 kubieke meter water in sewe dae onttrek. Die Omatakodam is dolleeg. Verlede jaar die tyd was die totale bronne op 57,1 persent. In die Ooste vertoon dinge nie veel beter nie. Otjivero is op 10,1 persent en totale bronne met die twee Viljoendamme staan op 7,9 persent. Daar is net minder as ‘n miljoen kubiek uit Hardap onttrek in die afgelope week en die dam is tans 36,5 persent vol teenoor 67,2 persent verlede jaar. Naute by Keetmanshoop is 61,7 persent vol en Oanob, 58,2 persent. Neckartal wat steeds nie benut word nie is tans op 91,5 persent, wat 784,64 miljoen kubieke meter water verteenwoordig.