Stand van damme kommerwekkend: Mutorwa

Die meeste van Namibië se belangrike damme stoor aansienlik minder water as ‘n jaar gelede, volgens NamWater se jongste opdatering Daar is slegs 16,7 persent waterbronne in die drie sentrale damme oor. In die Suide is Hardap op 10,7 persent en die damme in die Ooste is slegs 2,6 persent vol. Adjunk-premier John Mutorwa het tydens sy ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering gesê die situasie is kommerwekkend.