Stampriet-bekken gaan eerstens oor water, nie uraan

Die beoogde uraantontginning in die Stampriet-bekken is vandag onder die loep by ‘n hoë-vlak vergadering op Mariental. Verskeie rolspelers, insluitend Uranium One, die myne en energie-ministerie en die landbouministerie vergader agter geslote deure met afgevaardigdes van Unesco oor die sensitiewe kwessie. Landbouminister Calle Schlettwein het by die opening die belangrikheid van die kwessie benadruk.

Hy sê ‘n uitvoerige omgewingsimpak-studie moet gedoen word, want nie al die data is voldoende ingesamel nie.