Stamhoof was glo deel van renosterstropery-sindikaat  

‘n Stamhoof van Mpumalanga wat in ‘n koeëlreën dood is, sou volgende maand in die provinsie se hooggeregshof verskyn. Hoofman Clyde Mnisi en sy bestuurder is naby die Kruger-Mpumalanga Internasionale Lughawe geskiet terwyl hulle gewag het op hulp met ‘n pap band. Die bestuurder het oorleef. Mnisi en ander is aangekla van misdade soos rampokkery, korrupsie, geldwassery en die onwettige koop en verkoop van renosterhorings. Volgens berigte het aanklaers geglo Mnisi is een van die sleutelfigure in ‘n groot renosterstropery-sindikaat. Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê ’n saak van moord en poging tot moord word tans ondersoek