Stakings tydens eksamens veroordeel

Die Inkatha Vryheidsparty in KwaZulu-Natal sê hy veroordeel die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie se aanmoediging tot deelname aan ‘n arbeidsoptrede ten sterkste. Sadou het onderneem om sy betogings teen die provinsiale onderwys-departement te verskerp totdat hy sy verpligtinge teenoor skole en onderwysers nakom.  Die vakbond se eise sluit in dat skole finansiële toewysings ontvang en dat Graad R-onderwysers vas aangestel word. Thembeni Madlopha-Mthethwa van die I-V-P sê dit gebeur alles terwyl Graad-12’s hul eindeksamen skryf.