Staking in Tshwane duur voort al sê Samwu lede moet werk

Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê hoewel die vakbond Samwu werkers versoek het om hul onwettige staking van vyf weke te beëindig, is die negatiewe uitwerking blywend. Dit het dienslewering ontwrig en geweld en skade aan eiendom veroorsaak. Werkers is volgens berigte steeds besig met werk-ontwrigtings en sloerstakings, met voortgesette geweld en intimidasie. Brink vra Samwu se leierskap om die geen-staking-boodskap onder alle lede te versterk. Hy beloof om die oppergesag van die reg te handhaaf en te sorg daar is gevolge vir misdadige optrede: