Staking: Eskom oorweeg alle opsies, insluitend salarisse

Eskom sê hy oorweeg alle moontlike oplossings om samesprekings oor lone weer op dreef te kry. Werknemers het dié week begin met protesoptrede by nege van die kragvoorsiener se kragstasies en ander operasionele aanlegte. Die metaalwerkersvakbond Numsa het in Mei ‘n 15 persent verhoging in lone vir alle werknemers geëis. Eskom het egter volgehou hy kan dit nie bekostig nie. ‘n Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hulle het die polisie en ander sekerheidsdienste se hulp ingeroep om die orde te herstel: