Staking by behuisings-onderneming kom tot ‘n einde

Die Nasionale Behuisings-onderneming se werknemers en die Staatsdiens-unie van Namibië het ingestem om hul staking te beëindig. Die werknemers sal op Dinsdag 11 April terugkeer werk toe. Die partye het ingestem tot ‘n eenmalige betaling van 5 000 Namibiese dollar, wat binne twee dae na ondertekening van die skikkingsooreenkoms betaalbaar is. Die ooreenkoms is onderteken deur die onderneming se hoof uitvoerende beampte Gisbertus Mukulu en die vakbond se sekretaris-generaal Matheus Haakuria.