Stadspolisie waarsku oor diensverskaffers wat voertuie vir jou registreer

Die Windhoek Stadspolisie waarsku lede van die publiek om uiters versigtig te wees met sogenaamde diensverskaffers wat voertuie by NaTIS namens iemand registreer. Die mag sê hy het ‘n toename in die diefstal van voertuie op die manier aangeteken. Volgens hom plaas dit boewe in ‘n uiters magtige posisie omdat hulle beskik van al die nodige dokumente sowel as die fooie om die voertuig te registreer. In sommige gevalle raak die voertuig eenvoudig weg, of, dit word in die bedrieër se naam geregistreer en hy word dan die wettige eienaar van die voertuig. Stadspolisie sê die diensverskaffer moet deur NaTIS bemagtig wees om namens iemand ‘n voertuig te registreer.