‘Stad Windhoek voel niks vir sy inwoners nie’

Stad Windhoek se munisipale tariewe, wat reeds op 14 Junie deur die stadsraad goedgekeur is, het in werking getree effektief 1 Oktober. Die Stad het die aankondiging die week gemaak. Water, tariewe en belasting, riool en afvalbestuur styg met 5 persent. Al die verhogings is in die Staatskoerant gepubliseer op 1 Oktober. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Shaun Gariseb, die voorsitter van die Katutura-inwonerskomitee, wat sê Stad Windhoek het soos gewoonlik nie die inwoners geraadpleeg nie.