Stad Windhoek se waterbeperkings tree in werking
Die Stad Windhoek het ‘n kategorie D ernstige waterskaarste aangekondig, wat 15 persent waterbesparing noodsaak. Die Stad se waterbesparingsplan tree môre in werking. Grasperke mag net met semi-gesuiwerde water natgelei word, en private grasperke slegs een keer per week. In September mag tuine net tussen 10-uur die oggend en 5-uur die middag water kry. Geen buitenshuise fonteintjies word toegelaat nie en motors mag nie by die huis gewas word nie. Swembaddens moet bedek word en mag nie met drinkwater gevul word nie. Die volledige waterbestuursplan is op die Stad Windhoek se webtuiste beskikbaar.