Stad Windhoek se boeke vertoon beter
Stad Windhoek sê sy skuld het met 244 miljoen Namibiese dollar afgeneem. Dit is vervat in ‘n ongeouditeerde raadsverslag. Slegte skuld het ook gedaal as gevolg van beter invordering maar, dienskoste het met 300 miljoen dollar gestyg en die debiteuresaldo’s het rondom 1,2 miljard dollar gestabiliseer. Maar die Stad erken dat ten spyte van die registrasie van ‘n verbeterde bedryfsverhouding 60 sent op vanaf 46 sent vir elke dollar is die likiditeitsverhouding steeds onder druk.