Stad Windhoek ondersoek 62km se fiets-, staproetes
Die Stad Windhoek is besig met ‘n lewensvatbaarheidstudie vir ‘n nie-gemotoriseerde vervoernetwerk vir stap en fietsry. Die voorgestelde netwerk sal 62km lank wees met sypaadjies wat 17 skole, 2 hospitale en 3 klinieke bedien. Die oorgang van gemotoriseerde vervoer na stap en fietsry sal deur bewusmakingsveldtogte ondersteun word. Die studie word deur Sustainable Development Africa gedoen en die konsulterende ingenieursfirma is SMEC. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hilda Nathnael, die Stad Windhoek se koördineerder van die Slim-stad en Vervoerafdeling.