Stad Windhoek ‘moet inwoners inlig oor water’
Volgens Stad Windhoek se weeklikse waterverslag het inwoners tussen 4 en 11 November slegs 1 persent water gespaar en was dus 14 persent bo die vasgestelde besparingsteiken. Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb skryf dit toe aan inligting wat nie betyds deur die Stad aan inwoners deurgegee word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Gariseb gesels, wat sê het dat hy op 25 November ‘n perskonferensie gaan hou om verskeie kwessies aan te spreek, insluitend ‘n gebrek aan tydige inligting oor die water-situasie.