Stad Windhoek kies vanaand nuwe leiers
Stad Windhoek hou vanaand om half-ses sy verkiesing van nuwe ampsdraers. Die hoofstad is tans amptelik leierloos en het ook nie ‘n uitvoerende hoof nie. Die stadsraad sal vanaand die burgemeester, onderburgemeester en lede van die bestuurskomitee verkies. Die stadsraadsvergadering sal regstreeks op Stad Windhoek se Facebook-blad uitgesaai word.