Stad Windhoek is wanbetaalde inwoners genadig

Die munisipale raad van Windhoek het die vermindering van die afbetaling goedgekeur wat wan-betalende kliënte moet betaal om hul dienste weer aan te sluit. Voorheen was wan-betalende kliënte verplig om ‘n derde van hul uitstaande skuld te betaal. Die raad het nou hierdie bedrag met 15 persent verminder met ‘n verlengde tydperk van tot 60 maande. Dit sal vir ‘n tydperk van ses maande van krag wees en het ten doel om verligting te bied aan inwoners wat probleme ondervind weens die Covid-pandemie. Die woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, verduidelik.