Stad Windhoek is tegnies bankrot

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê Stad Windhoek is kommersieel bankrot met laste wat bates ver oorskry. Teen Junie 2023 het die Stad laste gehad van 1,8 miljard Namibiese dollar met bates van 1,1 miljard dollar. Daar is ook operasionele uitdagings en volgens Kandjeke is dit twyfelagtig of die Stad sy toekomstige diensvlakke sal kan handhaaf. Hy voeg by dat ten spyte van die reuse-uitdagings het die Stad nog nie ‘n omkeer strategie ontwikkel nie. Die Stad se inkomstes van byvoorbeeld boetes, presteer nie en so ook nie inwoners se betaling van rekenings nie.