Stad Windhoek het oplaas ‘n bestuurskomitee

Die Stad Windhoek se bestuurskomitee is uiteindelik volledig saamgestel, na twee vorige probeerslae wat misluk het. Die nuutverkose lede is Bernadus Araeb van die Independent Patriots for Change en Magdalena Lombardt van Swapo. Die ander drie lede van die bestuurskomitee is raadslede Sam Nujoma, Austin Kwenani en Fransina Kahungu, almal van Swapo. Weereens het opposisieraadslede van die Affirmative Repositioning-party, Job Amupanda en Illse Keister-Elago, die Landless People’s Movement se Sade Gawanas en Ivan Skrywer, en die Popular Democratic Movement se Clemencia Hanases, nog nie by die vergadering opgedaag ten tyde van die nominasies en stemming nie. Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, sê dit is ‘n verligting dat die proses uiteindelik afgehandel is.