Stad Windhoek ‘het inwoners beroof’

Die Katutura-inwonerskomitee doen ‘n beroep op die hele Windhoek om sake teen top amptenare van die Stad Windhoek, RedForce, die Anti-Korrupsie Kommissie en die vorige burgemeester van Windhoek aanhangig te maak. Woordvoerder Shaun Gariseb sê hulle betoog teen die Stad Windhoek omdat hy die publiek met sy foutiewe rekeningstelsel beroof het. Gariseb het by ‘n perskonferensie by Jacob Marenga Sekondêre Skool in Windhoek gepraat.