Stad Windhoek gaan uiteindelik Sam Nujoma-stadion opknap

Die Stad Windhoek het 7,7 miljoen Namibiese dollar in die 2024/25-begroting bewillig vir die opknapping van die Sam Nujoma-stadion in Katutura. Dit is onthul deur Samuel Mutonga, waarnemende strategiese uitvoerende hoof vir finansies en kliëntedienste, tydens ‘n openbare vergadering in die Katutura-Oos-kiesafdeling. Die Stad het reeds 3,2 miljoen dollar in die 2013/14 finansiële jaar bestee aan ‘n uitvoerbaarheidstudie vir die stadion se opgradering. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lydia Amutenya, die woordvoerder van die Stad Windhoek, wat meer inligting verskaf.