Stad Windhoek gaan boorgat op plaas Okukuna installeer

‘n Boorgat gaan op die plaas Okukuna in die Windhoek-distrik geboor word, wat sal verseker dat die plaas genoeg water het om oeste regdeur die jaar te produseer. Green Team Consultants het in Maart in samewerking met die landbouministerie ‘n geo-fisiese opname op die plaas gedoen om die geskikte posisie van die boorgat te bepaal. Hierdie projek is deel van die befondsings-ooreenkoms tussen die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram en Stad Windhoek. Stad Windhoek se kommunikasiebeampte, Lydia Amutenya gesels met Kosmos 94.1 Nuus.