Stad Windhoek ‘doen goeie werk’
Ten spyte van die kritiek deur kenners en die publiek oor die Stad Windhoek se begroting, meen Jennifer Comalie, die Stad se strategiese uitvoerende beampte van finansies en kliëntediens, dat die stadsraad goeie werk doen.
Comalie het ‘n oorsig oor die Stad se boeke gegee en volgens haar skep die balansstaat ‘n goeie prentjie, met totale bates van 18,5 miljard Namibiese dollar. ‘n Probleem wat hulle wel ondervind is hul kontantvloei, weens skuld van 1,2 miljard dollar.